Trans Agulhas Challenge
 
HOME
STAGES
RULES
SPONSORS
GENERAL INFO
DOCS & LINKS
GALLERY
RESULTS
HISTORY
NEWS
Stories
CONTACT TAC




DOWNLOAD TracTrac


 

MARIUS NEL
Helga Fourie


Helga Fourie

BORN / GEBORE   15 Junie 1978
DIED / OORLEDE (VERDRINK)   28 Desember 1989


As written by Helga's parents / soos geskryf deur Helga se ouers:

Ek, Johan (vader), Miemie (moeder) en Markus Fourie (broer van Helga Fourie) het vakansie gehou by de Bakke Woonwa kamp te Mosselbaai gedurende Desember 1989 waar vriende wat ons daar ontmoet het wat voor­heen tydens hul skooljare in Mosselbaai gewoon het vir ons vertel het van die Vlermuis grot en Blaasgat, nou in die Mosselbaai golf landgoed gebied gelee is. 0ns het toe besluit om op die dag 28 Desember 1989 die ge­noem­de grot te gaan besoek maar dat ons eers vir Helga wou gaan atletiek klere koop aangesien daardie betrokke aand 'n atletiek byeenkoms by van Riebeeckstadion sou wees en sy wou deelneem aangesien sy 'n kranige gewigstoter was en haar Transvaal Kleure daardie jaar verkry het en ook Victor Ladorum dogter van die jaar was.

Ons was 16 mense wat na die grotte gegaan het. Dit was 'n redelike moeilike paadjie maar mooi uitgeloop deur die vissermanne van daardie tyd. Daar aangekom het die kinders eerste na die Blaasgat gegaan en het ons ook toe gevolg. Die Blaasgat is 'n gat in die rotse wat seker so 5 meter diep en so 1 meter deursnee is en wan­neer die branders uitstoot van onder af instoot en dan met die druk van die branders die water bo by die gat uitspuit en dan net so 'n sproei gee.

Ons groep mense het toe om die beurt twee twee gaan lê met jou voete na die see sodat die water so oor jou kon spuit. Helga en haar mammie het ver daar vandaan gesit en het nie deelgeneem nie. Toe almal gelê het, het ek haar geroep en gesê dat sy ook moet kom maar sy het net geantwoord dat sy nie lus was nie. Onge­lukkig het ek haar toe omgepraat en het sy toe gekom. As ek maar op daardie stadium kon weet wat die gevolge sou wees sou ek nie so aangehou het dat sy moes kom nie.

Ons het toe gaan lê en toe die water kom was dit net so 'n bietjie toe sê ek vir haar dat ons moet wag vir die volgende een en wat toe die groot frats brander was wat uit die see gekom het en vir my kop eerste in die gat ingespoel het en vir Helga oor die rotse gespoel het. Aangesien die branders uitfase was het die een wat by die gat uitspuit vir my in die gat omgedraai en tot op 'n rotswand in die gat gesit. My swaer Tiekie het toe tot by die gat gekom, vir my gesien en gevra waar is Helga, die volgende oomblik toe hoor ek dat die brander weer uitkom. Ek het net teen die rotswand vasgedruk, gewag dat die water verby gaan toe klim ek uit en sien hoe dat Helga op daardie stadium in die see gedryf het en vir my geroep het om haar te kom help. Ek het my skoene uitgepluk en na die watervlak beweeg toe daar weer 'n brander my platslaan en in 'n rotsskeur inslaan. Op daardie stadium was my arm vol bloed soos wat die skulpe my gesny het. Voordat ek wou induik kom daar weer 'n brander en slaan my weer plat en vind ek dat ek nie behoorlik kon asem haal nie aangesien ek toe later in hospitaal moes uitvind dat ek heelwaarskynlik ribbes gebreek het.

My swaer het toe gehardloop en gaan hulp soek. Die NSRI het van die see se kant gekom en het omgedraai aangesien hulle gevoel het dat die see te rof was en dat dit op daardie stadium Hoog Spring gety was en te gevaarlik was om so na aan die rotse te kom. John Rolf helikopter was na Wildernis ook op reddings geval, Mossgas se helikopter se tou was te kort en Kobus Krausse se helikopter was oppad vanaf Oudtshoorn en het nie genoeg brandstof gehad nie. Helga het probeer om uit te swem maar ons kon sien dat haar linker arm moes seer gekry het aangesien sy net met die een arm probeer swem het.

Sy het later stil gelê en net gedryf. Ek was weggeneem Hospitaal toe deur 'n persoon van Bosbou. Ek het toe later verneem dat sy toe gesink het.

Dit ongeveer 12 uur die middag gebeur tydens die aankoms van die Rubberduck resies. Hulle het van die geval gehoor en toe later gevolenteer om die baai te deurkruis in die hoop om die drenkeling se lykie te sien sonder enige sukses. Hulle het ook onderneem om die volgende oggend so na as moontlik aan die kus te ry tydens hulle roete na Stilbaai sonder enige sukses.

Ons het later uitgevind dat dit blykbaar 'n gebaar was van die spanbestuurder Attie Visser, Mark Louw en Marico Verkuil. Vanaf daardie tyd was daar elke jaar hulde gebring deur die Agalhus Rubberduck Bestuur deur 'n ruiker te skenk en dan 'n Kranslegging te doen voordat die Koning van die Branders wedren op Santos Strand plaasgevind het.

Vir ons as gesin beteken dit vreeslik baie en waardeer ons dit wat hulle vir HELGA doen. Haar lykie was nooit gevind nie en het Alfa Grafstene vir haar 'n gedenknaald geskenk wat ons toe naby die plek waar sy verdrink het opgerig. Ons mis haar ontsettend baie maar berus ons daarby dat God haar kom haal het en dat iets erger met haar kon gebeur het en dat ons weet wat van haar geword het.

Markus is nou getroud met Cindy, aangenome seun Adriaan en eie seun Dian.

HELGA/FOURIE  
Helga Fourie
Helga Fourie Gedenknaald
Helga Fourie Gedenknaald
Helga Fourie Gesin
Helga Fourie Kranslegging
Helga Fourie Kranslegging
Helga Fourie Kranslegging
Helga Fourie Krans
spacer
  PAGE  1  of   1   IN TOTAL
Club Agulhas Klub Trans Agulhas on Facebook
© 2017 TRANS AGULHAS CHALLENGE (TAC)  |  TIGME.COM  |  GOVISIT.NET
spacer